Bio

“Ek is laf, vol energie, lief vir die lewe en ek is ‘n goeie vriend. Eintlik is ek baie sensitief…”

Feitegleuf
Doopname: Armand Hofmeyr
Verjaardag: 26 Augustus (1989)
Noenmaam: Armand
Gesin: My pa is Steve Hofmeyr, my ma is Ansie Kruger, Ek het drie susters en drie broers. Hulle is Charissa, Geraldine, Nastassja, Devon, Sebastian en Benjamin
Belangstellings en tydverdrywe: Ek is musiek. As ek nie optree nie, speel ek kitaar of skryf musiek. Ek hou baie van kuier. Ek stel baie belang in klank en ek is ‘n goeie klankingineur. As ek nie ‘n sanger was nie, sou ek ‘n DJ wou wees en my eie klub bestuur het. Ek hou van speakers wat beweeg!”
Gunsteling-aanhaling: I’d rather beg for forgiveness, than ask for permission…
Gunsteling-sêding: “Ek is lief vir jou.”

Albums:

Sy debuut album Foto’s en Briewe is in Augustus 2010 uitgereik met ‘n mengsel van wydtreffende rock en pop, gesprinkel met polsende dansritmes.

Die twaalf liedjies uit sy pen is met sorg verwerk en geregisseer deur die bekroonde vervaardiger Marius Brouwer. Armand se jeugdige aanslag, ‘n stem wat soms rasper en rock, dan weer met ballades bekoor en heeltyd met die siel van die lied boei, plaas hom onteenseglik op die trefferleer!

FOTO’S EN BRIEWE
AS JY WIL – BEKKIE – HART IN TWEE WIL DEEL – ENGEL NOEM – SILLY – FLUISTER – POUSE – VERGEWE MY – IN MY SKADU – DIS ALS OKAY – ONVERWAGS DROOM EK VAN JOU – FOTO’S EN BRIEWE

Die splinternuwe album Rug teen rug. is weer ‘n toonvenster van dié talentvolle jong man se vaardigheid. Sy eie, oorspronklike nuutskeppinge is dikwels spieëlbeelde van sy hart en siel; byderwets ritmies. Armand vertolk sy werk in‘n wydtreffende country-popstyl, wat ruimskoots met “rock” geanker word.

Elke liedjie is gestempel met treffergewildheid. Daar is lekker danstreffers, (SMS, As ek jou gaan soen en Dingetjies en Datjies), ‘n humorsnit (Stupid Cupid, met Megan Pereira), om die hartsnare te pluk (Liefies vir jou), ballades (Please say you love me) en akoestiese werk (Dis al’s okay) – en selfs stewige werk in die countrystyl (Te lank alleen gelos). Armand se album sluit ook die duet – Pa en seun – met sy pa, Steve, in. Tussen die talle juwele hierop is die liedjie Alldays, gevul met nostalgie en gestempel met ‘n sjarme wat dit een van daardie tydlose gunstelinge gaan maak.

Saam met die liedjies Net as dit reën, In my kop en die radiovriendelike Engelse snitte - New girl in Jo’burg en Buy this guitar - is dié eerlike, oopkop-kitaargedrewe album - gerat om treffersparades te moker en Armand welverdiende goueplaatstatus te besorg!

Dit is volwasse, kontemporêre goedvoelmusiek!

SMS - RUG TEEN RUG – NET AS DIT REEN – IN MY KOP – AS EK JOU GAAN SOEN – DINGETJIES & DATJIES – TE LANK ALLEEN GELOS – LIEFIES VIR JOU – PA EN SEUN – STUPID CUPID – ALLDAYS – PLEASE SAY YOU LOVE ME – NEW GIRL IN JO’BURG – BUY THIS GUITAR – DIS ALS OKAY

Om te onthou
- Eerste song wat ek geskryf het: Vergewe my
- KKNK 2010
- Die eerste keer toe ek saam met my pa gesing het: dit was by Firkin in Centurion
- My EMI-kontrak
- My opnames in die ateljee
- En, o ja: die keer toe hulle oor my op Tonge Los geskinder het…
- Live optredes
- 2de album vrystelling – Rug teen Rug

Omkrap dinge
- As iemand die water oopdraai as ek stort
- Padvarke
- Skinder

Geluk goed
- Sushi
- Kitaar speel
- My eie bed
- Goeie musiek
- My bakkie
- My vriende
- ‘n Mooi meisie
- Om te sing
- Die lewe
- Kuier

Om te weet
- Ek hét ‘n hart
- Kan goed vleis braai
- Ek hou van jag

 

Links

Bookings / Besprekings - info@armandhofmeyr.co.za or call Ansie: 072 942 3161