Tuis

Armand Hofmeyr se debuutalbum Foto's en Briewe was een van die opwindendste verrassings van die vorige musiekjaar! Nou bied hy sy bewonderaars en nuwe belangstellendes 'n uitklop-opvolgalbum: Rug teen rug. Die splinternuwe album is weer 'n toonvenster van dié talentvolle jong man se vaardigheid. Sy eie, oorspronklike nuutskeppinge is dikwels spieëlbeelde van sy hart en siel; byderwets ritmies. Armand vertolk sy werk in'n wydtreffende country-popstyl, wat ruimskoots met "rock" geanker word.

Elke liedjie is gestempel met treffergewildheid. Daar is lekker danstreffers, (SMS, As ek jou gaan soen en Dingetjies en Datjies), 'n humorsnit (Stupid Cupid, met Megan Pereira), om die hartsnare te pluk (Liefies vir jou), ballades (Please say you love me) en akoestiese werk (Dis al's okay) – en selfs stewige werk in die countrystyl (Te lank alleen gelos). Armand se album sluit ook die duet – Pa en seun – met sy pa, Steve, in. Tussen die talle juwele hierop is die liedjie Alldays, gevul met nostalgie en gestempel met 'n sjarme wat dit een van daardie tydlose gunstelinge gaan maak.

Saam met die liedjies Net as dit reën, In my kop en die radiovriendelike Engelse snitte - New girl in Jo'burg en Buy this guitar - is dié eerlike, oopkop-kitaargedrewe album - gerat om treffersparades te moker en Armand welverdiende goueplaatstatus te besorg!

Dit is volwasse, kontemporêre goedvoelmusiek!

Links

Bookings / Besprekings - info@armandhofmeyr.co.za or call Ansie: 072 942 3161